Fatman en Caroline-Grace, twee van die deelnemers aan die tweede reeks van The Voice SA op M-Net, noem hul vertoning, wat landwyd toer, Beauty and the Beast.
Hulle deel die skoonheid van musikale integriteit, mooi, goeie stemme en onmiskenbare talent. Albei se debuutalbums is nou beskikbaar. Op elkeen word hul môredouvars interpretasie van Jannie du Toit se tydlose skepping Liedjie vir jou ingesluit. Matthys Maree se klavierspel skep die akoestiese doek waarop dié stemkunstenaars met beheerste, rou emosie skilder.
Elkeen se album is ’n musikale genieting en verskillende verwerkers en regisseurs het meegewerk. Murray Lubbe, Francois Lessing, Werner Beukes, Robin Kielly, Hugo Ludik en Dirk van Niekerk het almal eiesoortige gehalte verseker.
Hoewel dieselfde liedjieskrywers en vervaardigers by albei albums betrokke was, is die…
