“Pa, as daar drie paddas op die draad sit en een padda besluit om te spring, hoeveel bly op die draad?”
“Twee.”
“Nee, daar is drie paddas op die draad, een besluit om te spring, hoeveel bly oor?”
“A,” sê die pa, “as die een padda besluit om te spring, sal die ander twee ook.”
“Nee,” antwoord die seuntjie, “een het net besluit om te spring, hy het nog nie gespring nie.”
Klink dit nie dalk baie soos ons nie? Ons het vele mooi voornemens en ons maak allerhande beloftes aan onsself, maar dikwels bly dit net by ’n klomp mooi besluite, ons gaan nie tot aksie oor nie.
’n Nuwe jaar is ’n tyd vir refleksie en om juis waar nodig sekere veranderinge te maak.
In Josua 24:1–15 besin…
