KOS VIR KINDERS
Die welbekende sjef Gordon Ramsay en sy dogter Matilda het ’n nuwe reeks gesonde etes, Oh My Goodness!, vir kinders ontwikkel. Besige ouers sal dit verwelkom. Dit kom met die belofte dat dit geen gemorskos is nie, elke maaltyd vry van MSG is en geen bygevoegde suiker en sout of kleur-, geur- of preserveermiddels bevat nie. Checkers is oortuig dat die kleinspan dit sal geniet, daarom dat hulle jou geld sal teruggee sou jou kind nie daarvan hou nie. Kies uit vyf verskillende maaltye teen R29,99 elk, www.checkers.co.za
NETJIESE KOMBUIS
Die MBA Hello!-rak is die ideale bêreplek vir sleutels, selfone, posstukke en allerlei los artikels wat gewoonlik rondlê. Dit word van poeierbedekte aluminium en bamboes gemaak. Daar is vier magnete wat sleutels in plek hou, ’n haak…
