Haar byderwetse popstyl herinner aan die Amerikaanse sangeres en aktrise Ariana Grande, maar Chané Valentine is ’n Afrikaanse meisiekind! Hier is haar uitklop-album Die Verkiesing (Real Music).
Chané, wat Suid-Afrika al talle kere by internasionale sangkompetisies in Wallis, Orlando en Los Angeles verteenwoordig het en onder meer met ’n hoër sertifikaat in musiekvertolking van COPA (Campus of Performing Arts) spog, se musiek (van haar 2012-debuutalbum Liefies vir jou) word gereeld op radiostasies in Australië en Nederland en op Radio Eurovision International gespeel.
Haar verfrissende styl word met liedjies deur Johan Oberholzer, Vaughan Gardiner, Juan Boucher, Roux Cloete en William Loots gekomplementeer. Die toonvenstersnitte is Vuur met vuur, Ek wil val, Plekkie in die son en Visioen. Dan doen sy puik vertolkings van Kacey Musgraves se Biscuits, Aerosmith se I Don’t…
