KIES KUNS
Snyplank ontwerp deur Ed Suter en Agrippa Mncedisi Hlophe (30 cm in deursnee) R249,99, mrphome.com
Pak dit in
Die plaaslik gemaakte Picnic Kilim (1,8 x 1,4 m; R1 900, ecruspaces.com) is net wat jy nodig het vir enige geleentheid in die buitelug. Dit weeg net 2,8 kg, rol knus op vir saamdra en spog met ’n duursame waterdigte rugkant. Nuttig, nè?
KLOP & KLITS
Ontmoet jou beste klits-, klop- en knie-vennoot, die Kenwood kMix-staanmenger (R7 999, yuppiechef.com) in ’n treffende rooi of swart baadjie. Met ’n kragtige 1 000 W-masjien, 6 spoedstellings en ’n 5-liter-bak skrik dit nie vir harde werk op groot skaal nie!
Só kuier die reënboognasie!
Met Zola Nene se Simply Seven Colours (R360, Penguin Random House) is elke maal ’n fees van kleur. Dis…
