“Ons het hoofsaaklik inheems gewerk, maar hier en daar ook plante gebruik wat die Karoo-gevoel skep, soos die Australiese roosmaryn (Westringia fruticosa),” verduidelik Jan.
• Die groot staatmakers is duinekraaibessie (Searsia crenata), kapokbos (Eriosephalus), soutbos (Einadia hastata sin. Rhagodia hastata), vygies, bosviooltjies (Barleria obtusa), blousalie (Salvia africana), bloublomsalie (S. chamelaeagnea), kransaalwyn (Aloe arborescens), bitteraalwyn (Aloe ferox), soldaat-vuurpyl (Kniphofia uvaria), blousyselbos (Plumbago auriculata), Kaapse kanferfoelie (Tecomaria capensis), papierblom (Limonium perezii), wilde-kanferbos (Tarchonanthus camphoratus), dwerg-purperwinde (Convolvulus sabatius), plakkies (Crassula ovata), fonteingras (Pennisetum-spp.) vir kontras, Carex-grasse vir tekstuur, dekriet, Kei-appel (Dovyalis caffra) en grootnoem-noems (Carissa macrocarpa) wat albei vrugte dra vir die voëls.
• Lotus berthelotii met sy vlamblommetjies en grys blare is ’n wonderlike uitheemse grondbedekker wat goed aard in die Karoo-klimaat.
• Die wildesalie (Salvia muirii) is een van die groot…