Wie woon hier? Waldimar Pelser en Wilhelm van der Hoven
WAAR Vredehoek, Kaapstad
’nGoeie skeut waagmoed en idealisme help beslis met ’n omvattende opknapprojek, des te meer wanneer jou nuwe huis nog ’n konstruksieterrein is wanneer jy intrek. Dit sal Waldimar Pelser, redakteur van Rapport, en Wilhelm van der Hoven, wat in die finansiële bedryf werk, jou gelyk gee.
In Maart 2017 het hulle en hul twee honde sak en pak van Johannesburg af Kaap toe getrek na hul nuwe huis – oftewel, na die twee slaapkamers van hul nuwe huis, want die bouprojek, met Waldimar se tweelingsuster, Ingeborg, as projekbestuurder, was toe maar tien dae aan die gang.
Boonop was dit die eerste keer dat Waldimar ’n voet in die huis gesit het. “Al wat ek gedink het toe…
