Met net ’n stokou fynblaar-olm, ’n hibiskus, een rooi rosie en ’n bougainvillea het Annemi van Zyl in 2011 begin tuinmaak. “Die huis het vir meer as ’n jaar leeggestaan voor ek hier ingetrek het, so feitlik alles was dood. Ek het die boom en paar plante wat in my agtertuin oorgebly het, behou en goed gesnoei. Verder was hier net indringers,” vertel Annemi.
Haar drie susters, Elmarie, Sita en Nini, is ook almal ywerige tuiniers en het haar aanvanklik baie gehelp. Omdat die huis na agter leef, het Elmarie op haar langwerpige agtertuin gefokus; sy het die uitleg ontwerp en die susters het gehelp om die besproeiing in te sit, die paadjie uit te lê, en te plant.
“Die grond was vreeslik dor en arm,” onthou sy. “Ek het…
