My ma vertel een van die eerste goed wat ek as peuter kwytgeraak het, is “ekke self”.
There’s it, soos Suzelle DIY sê.
Daar is ook ’n skoot eiesinnigheid, natuurlik. En dis ook geneties. Anderdag, toe ons my pa se suster begrawe, kondig die predikant aan die einde van die roudiens aan: “En nou nooi ons almal vir tee en verversings in die ...” Maar voor hy sy sin kan klaarmaak, spring my niggie uit haar stoel, in haar hand ’n nota in haar ma se handskrif. “G’n niks koek en tee nie, dominee, my ma sê so,” kondig sy aan. En dit was dit.
Iedergeval. Om haastig te wees en dinge so vinnig moontlik te wil afhandel, het natuurlik sy voordele. Maar ai, wanneer haastig óórhaastig raak, kan dit…
