Take vir Junie
Deur Kay Montgomery
1 Plante vir koue tuine
Moenie bekommerd wees as jy in ’n baie koue deel van die land woon nie; daar is plante wat in jou tuin sal aard:
• Die inheemse blinkblaar (Rhamnus prinoides) is rypbestand en het immergroen blink blare en klein rooi bessies.
• Rypbestande Hellebore orientalis- hibriede begin vroeg in die winter blom. Dié langlewende immergroen meerjariges spog met waaiervormige blare en effens hangende groen, pienk, wynrooi of wit blomme, dikwels met fyn kolletjies. Dit vra ryk, goedgedreineerde grond en stippelskadu in die somer.
• Voeg kleur by ’n wintertuin met jaarplante soos heuningblommetjies, angeliere, Yslandse papawers, vygies, ornamentele kool, gesiggies, feetjieprimulas (Primula malacoides), vilette, leeubekkies en viooltjies vir afronding langs paadjies, in potte, hangmandjies, vensterbokse en rotstuine.
• Konifere…
