Dis regtig so lekker dat als byderhand is wanneer ek kook en ek nog steeds kan deel voel van die geselskap.– Linda Hulle het jare lank prente uit tydskrifte geknip wat uitbeeld hoe
hul droomhuis moet lyk. Op hul gedeelde Pinterest-aansteekbord was foto’s van landelike dekor, Victoriaanse badkamers, titsels kleur teen wit agtergronde en oopplan-ruimtes met ontblote houtbalke.
Maar die huis wat Linda, ’n grafiese kunstenaar, en Almarie, ’n afgetrede skoolhoof, in 2014 gekoop het, was ’n ou houthuis met oudmodiese dekor, ’n klomp klein, somber vertrekke en ’n oorgroeide tuin. “Dit was ’n seeroog, maar ons was dadelik verlief,” sê Linda van dié tweeslaapkamerhuis op die kusdorpie Sedgefield op die Tuinroete.
Die paartjie, wat al sewe jaar getroud is, het eers in Table View, Kaapstad, gewoon. Hulle het baie…
