Warm kopies
Die smeeyster-bykomstighede in ons hoofkosstorie (bladsy 106) is die handewerk van die vakman en smid Conrad Hicks. Sy unieke vlymskerp koolstaalmesse, -panne en -oondpanne is alles beskikbaar by The Tool Room by The Bijou in Observatory, Kaapstad. Vind hulle op Facebook, soek vir thetoolroomshowroom, of stuur e-pos na info@blacksmith.co.za.
Rolverdeling
Pylones Splashkombuispapierhouer R469.95, happygifts.co.za
Perfek vir Pa!
Justin Bonello se nuutste boek, Road Tripping (R290, Struik Lifestyle), neem ons op ’n kulinêre reis oor die lengte en breedte van Suider-Afrika. Dis geskryf in samewerking met Helena Lombard en bevat 75 resepte – perfekte inspirasie vir braai-entoesiaste met ’n goeie skoot wanderlust en voorkeur vir plaaslike lekkertes. Dis die ideale Vadersdaggeskenk vir ’n kosliefhebber.
Bietjie spekskiet
Bacon on Bree, ’n deli en eetplek by Breestraat 217, Kaapstad, is die…
