Vir ons 70ste!
Sarie Marais . . . die bekende volksliedjie en trotse naam van SARIE toe dit 70 jaar gelede verskyn het. Nou vier Capital Singers, die Pretoriase massakoor van 1 000 lede, Elvis Blue, Vicky Sampson en Joseph Clark saam met ons ons verjaardag! ’n Keurspel deur Janine Neethling word uitgevoer met ’n akoestiese weergawe van “Sarie Marais”, gevolg deur treffers van Gé Korsten, Rina Hugo, Carike Keuzenkamp, Sonja Herholdt en Laurika Rauch, en eindig met ’n enorme verwerking van “Sarie Marais”. Kom deel in die nostalgie, hoeka ’n gewilde #tendens wêreldwyd. Als ter viering van SARIE se 70ste!
JA, DIS TOSSELS
Folklore is die voorkoms, sê die futuris Li Edelkoort, wat gaan oorheers. Tossels, soos dié wat Pretty Ballerinasinsteekskoene versier, is in die kol.
Vir meer: 011…