Verreweg een van die lekkerste musiek-en-buitelug-feeste vind jaarliks by Up The Creek plaas. Dink koel rivier, mengeldrankies, somer en son! Tussen 28 – 31 Januarie is dit weer sulke tyd. Met goeie musiek, natuurlik. Vanjaar se kunstenaars sluit die besonderse folk trio Georgetown in, saam met ander geestige ouens en groot name soos Albert Frost & Robin Auld, The Ballistics, The Vanilla, Stoker, Grassy Spark, Nomadic Orchestra, Al Bairre, Southern Wild, Shortstraw, Crimson House Blues, Hatchetman, The Black Cat Bones, Bark, December Streets en die Jonathan Peyper Trio . Daar is entoesiaste wat die fees al 25 jaar bywoon. Danksy die intimiteit en gehalte van die musiek word die Up The Creek-fees beskou as een van die voorste, indien nie die beste nie, musiekfeeste in SA. Die feesverblyf is vanjaar…
