Ons weet almal dat ons kinderjare, lewenservaring, diepste oortuigings en moontlike trauma 'n kernrol in ons verhoudings speel, maar wonder O ons ooit hoe dié faktore ons finansiële uitkyk beïnvloed?
“Soveel mense vind dit moeilik om geld te maak, te behou, te spaar, te belê of met gemak uit te gee,” sê Farhana Goga, 'n sielkundige en wealth matrix mentor van Johannesburg. “Begrip vir jou 'geldbloudruk' kan jou van kommer, skuld en skaamte genees. Deur die nodige binnewerk te doen, kan jy geldverwante trauma hanteer, van angs en vrees ontslae raak en jou visier op finansiële vryheid rig.
“Ek het self met finansies geworstel,” vertel Farhana. “Ek het eers in my veertigerjare geleer hoe om geld te maak. Emosionele struikelblokke, soos die stigma wat aan geld kleef, individue se 'geldstories'…