Stroopsoet
Sir Fruit se Luckybird-reeks sluit purees, strope en skemerkelkiestrope in. Die bottels kan afsonderlik of as deel van geskenkstelle gekoop word. Die strope is byvoorbeeld afsonderlik of in kombinasiestelle van African Ginger & Pineapple, Elderflower & Grapefruit, en Blueberry & Passionfruit beskikbaar. Hulle het purees in mango, bloubessie en aarbei, terwyl 'n mens heerlike skemerkelkies, soos 'n Cosmopolitan, Margarita, Paloma, Mojito of 'n Strawberry Daiquiri van hul strope kan maak.
Koop of vind meer uit via www.luckybirddrinks.com
Mullineux in die Swartland het nuwe oesjare op die rakke. Hul Mullineux Old Vines White 2022 is van 72,4% chenin blanc, 6,4% semillon, 6,3% clairette blanche, 6,3% grenache blanc, 6,2% viognier en 2,4% verdelho gemaak. Dit is vir 11 maande verouder met 'n boeket van blomme, hooi, kruie en speserye voor jy…