WORD STIL!
Ons staan vroeg op, sluk koffie af, eet roosterbrood, pak kosblikke en skarrel by die deur uit. Kinders word by die skool afgelaai en ons sit in die verkeer met ’n kol op die maag. Die lewe roep: “Kom skool toe, kom werk, kom bring ure op die pad deur! Julle verdien alles! Werk hard, speel hard! Doen inkopies, maak skuld, reis na ver lande, spaar en dan kan jy eendag rus.”
Ons stres, ons ooreet, ons word siek en ons ly. En skielik op ’n dag roep sy: “Word stil.” Ons bly by die huis en word saam met die voëls wakker en luister met waardering na die vrolikheid. Ons drink koffie in die bed, knuffel ’n geliefde, gesels oor die lewe, die liefde, ons toekomsdrome en…