RRRADIO SEISOEN 2
Het jy al die wonderlike wêreld van podsendings ontdek? Met rrRADIO bied rooi rose jou gratis, opwindende podsendingsreekse wat spesiaal vir jflú, die Afrikaanse vrou, gemaak is. Kom luister saam na seisoen 2 se vier lekkerluisterreekse. Onthou, die vorige reekse en episodes, ook die vervolgverhaal Botox, Barbies & Bietse, is steeds, enige tyd, beskikbaar om na te luister!
HOE OM TE LUISTER
Al die rrRADIO-podsendings kan direk vanaf rooirose.co.za gespeel word. Klik net op die rrRADIO skakel boaan die rooirose.co.za tuisblad. Die podsendingsreekse is ook beskikbaar op iTunes, Player.FM, Pocket Casts, Spotify en Google Podcasts. As jy dit op jou slimtoestel wil aflaai om later daarna te luister kan jy die stappe volg by rooirose.co.za/hoe-om-podsendings-af-te-laai/
DANS MET DIE ROOI ROK
In Frankryk besef Amelie sy sal haar…