Elza beskryf haar en haar eksman, die skrywer John Miles, se kinders as “drie eie mense”. Paul (52), ’n skrywer, woon saam met haar op Prins Albert. “Hy is my nommer een kritikus. Elske (50), ’n refleksoloog, het haar doktorsgraad in Frans verwerf en haar toe op die studie van essensiële olies toegespits. Sy en haar lewensmaat, Patricia Roucher, woon met hul dogters Anaïs en Cannelle in Parys, Frankryk. Karel (46) skilder, maak beelde, en werk as rekwisietemeester in die rolprentbedryf. Hy en sy vrou, Adèle, maak Tom en Ruby groot in die Melville-huis waarin ons in 1967 ingetrek het.” Karel noem Elza “’n magic ma. Sy het anders aangetrek, in way out hippieklere wat sy self gemaak het - eenvoudig en mooi. Al het dit soms broekskeur gegaan, was…