MY MAN WEET meestal dat hy weet wat reg is, nie omdat hy regte studeer het nie, maar bloot omdat hy weet! Hy twyfel eenvoudig nie daaroor nie. Hy weet hoe smaak ’n regte melktert, en alle ander is natuurlik verkeerd, ditto sjiffonkoek, en wee jou as jy “nie van beter weet nie”! Daar is net een soort pannekoek, die regte soort, en so ook Springbokrugbyspanne en Cheetah-spelers. Musiek val ook in daardie kategorie, en sodra dit te “deurmekaar” raak (veelstemmig), raak dit vir hom ook “verkeerd”.
Daar is benewens daardie klein probleempie van hom ook nog ’n effense irritasie: Hy is rooi/groen kleurblind. Gelukkig is dit nie vir hom ’n probleem nie, behalwe vir motorbestuur saans, wat hy graag aan my oorlaat. Maar vir my is dit ’n haakplek,…
