Wat is jou verjaarsdagboodskap vir rooi rose?
Liezel Louw (39), onderwyseres, Welgelegen Liewe rooi rose, 75 jaar van skoonheid, idees, resepte en soveel meer! Dankie vir jou vriendskap, enige plek, enige tyd.
Charlotte Pretorius (52), tuisteskepper, Klerksdorp Baie geluk, rooi rose. Vyf en sewentig jaar lank al vermaak, ondersteun, bemoedig en inspireer julle die vroue van Suid-Afrika. Terwyl ander publikasies hul deure moet sluit, gaan julle van krag tot krag. Gaan so voort, want julle het duidelik ’n wenresep beet. Elke maand kan ek nie wag vir die jongste uitgawe nie en julle stel my nooit teleur nie. Ek hoop om eendag saam met julle jul honderdste verjaarsdag te vier.
Mart-Mari Rykaart (29), onderwyseres, Kempton Park Dankie, rooi rose dat my ouma al deel van jou kon hê, toe my…
