GEMMERKERSFEESKOEK MET KARAMELVERSIERSEL
GENOEG VIR 8
375 g koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
7,5 ml (1½ t) koeksoda
375 g bruinsuiker
7,5 ml (1 t) kaneel
7,5 ml (1 t) gemmer
2,5 ml (½ t) fyn naeltjies
300 ml karringmelk
150 ml melk
225 g STORK Bake, gesmelt, ekstra vir smeer
3 eiers
5ml (1 t) vanieljegeursel
KARAMELVERSIERSEL
250 g STORK Bake
600 g versiersuiker
300 g roomkaas
10 ml (2 t) vanieljegeursel
1 x 360 g-blikkie karamelkondensmelk
1 Verhit die oond tot 180 °C. Smeer 3 koekpanne met ’n deursnee van 20 cm met STORK Bake en voer met bakpapier uit.
2 Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda, bruinsuiker, kaneel, gemmer en fyn naeltjies saam in ’n groot mengbak.
3 Klits die karringmelk, melk, STORK Bake, eiers en vanieljegeursel…
