Wegbreek vir gholfliefhebbers
The Fairway Hotel, Spa & Golf Resort by die Randpark-gholfbaan, 2 km van die Crestawinkelsentrum en 15 minute van Sandton af, is die ideale plek vir sakemanne, konferensies, troues en gesellighede, toeriste, korporatiewe gholfdae, of ’n gholf- of stadswegbreek. Die hotel het 35 luukse kamers, 16 premierkamers, ’n kamer geskik vir ’n parapleeg, twee suites en agt gesinskamers, elk met ’n private badkamer. Jy kan ook tuisgaan in een van die 14 tweeverdieping-gholfvillas, elk met vier en suite-kamers. Daaglikse skoonmaak en ontbyt is ingesluit. Daar is ’n gimnasium en tennisbane, asook ’n spa. Een rooi rose- leser kan ’n wegbreek vir twee nagte vir agt mense in ’n vierslaapkamer-gholfvilla, insluitende ontbyt, by die Fairway Hotel, Spa & Golf Resort ter waarde van R10 000 pasella kry. Sleutelwoord:…