SEËNINGE
Ons kan so maklik kla oor die klein dingetjies wat ons lewe verontrief, of dit nou belasting, brandstofpryse, of die onderhoud aan ons huise is. Maar eintlik is ons so geseënd, want: As jy kan kla oor die belasting wat jy moet betaal, is jy geseënd genoeg om ’n salaris te verdien. As jou klere knap sit, het jy elke dag kos om te eet. As die gras in jou tuin lank is, die vensters gewas moet word en jou geute stukkend is, is jy geseënd, want jy het ’n dak oor jou kop. As jy by ’n winkelsentrum op die verste punt moet parkeer, is jy bevoorreg, want jy kan loop. Oral waar ’n mens kom, hoor jy hoe mense kla oor ons regering en die toestand in…