Daggagebruik kan so geklassifiseer word: rekreasionele dagga: Blare, ’n zol, ’n hoekapyp, spliffies, bankies, koekies, bongs, ’n sauna ... Dit word bloot vir die high gebruik. Mediese dagga: Gebruik vir pyn, naarheid en spesifieke siektes. Dagga kan gerook, as tee, as olie, as gekonsentreerde druppels in kos geneem word, of as sintetiese dagga. Sintetiese dagga: Laboratoriumvervaardigde weergawes van dagga se aktiewe bestanddele. Dit is te kry as wettige, getoetste en geregistreerde voorskrifmedikasie (nie by ons nie), of as onwettige sintetiese dagga, soos Spice en Mojo wat in straatlaboratoriums gemaak word en selfs dodelike komplikasies kan meebring. In die VSA is 11 406 mense in 2010 in noodeenhede opgeneem – 75 persent van hulle was tussen 12 en 30.…