CANDICE SWANEPOEL (25), oorspronklik van Mooirivier in KwaZulu-Natal, was 15 toe ’n talentsoeker vir ’n modelagentskap haar by ’n vlooimark in Durban raakgesien het. Vandag is sy waarskynlik een van ons bekendste supermodelle en negende op Forbes se 2013-lys van internasionale topverdiener-modelle met ’n inkomste van sowat $3,3 miljoen per jaar.
Sy het seker al op die voorblad van elke internasionale tydskrif gepryk, onder meer Vogue (almal, van die Australiese tot die Griekse, Brasiliaanse, Spaanse en selfs Japanse uitgawes), ELLE, GQ, noem maar op. Haar gesig is bekend vir advertensieveldtogte vir al die grootste handelsmerke, soos Nike, Tom Ford, Tommy Hilfiger, Diesel en nog ’n lang lys. En, natuurlik, die wêreldberoemde Victoria’s Secret. Candice is in 2010 aangewys as ’n Victoria’s Secret Angel, ’n eer wat haar dadelik tot ware…
