Internasionaal: Die prys van mielies het met 0,7%, oftewel $0,95/t (R15,76/t), gestyg tot $140,25/t (R2 327/t). Op ’n jaargrondslag is dit 8,6%, oftewel $13,19/t (R218,82/t), laer. Verwagte pryse: Maart – $143,93/t (R2 388/t), Mei – $145,66/t (R2 416/t), Julie – $147,63/t (R2 449/t), September – $149,36/t (R2 478/t).
Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 6,5%, oftewel R305/t, gestyg tot R4 965/t. Die prys van geel mielies het met 8,4%, oftewel R310/t, gestyg tot R4 000/t. Op ’n jaargrondslag is dit 158,6%, oftewel R3 046/t, hoër vir wit mielies, terwyl geel mielies 106,7%, oftewel R2 065/t, hoër is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 2,4%, oftewel $4,03/t (R66,86/t), gestyg tot $174,55/t (R2 896/t). Op ’n jaargrondslag is dit 13,2%, oftewel…
