INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,82%, of $1,01/t (R17,59/t), tot $124,13/t (R2 162/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 16,2%, of $23,97/t (R417,46/t) laer. Verwagte pryse: September – $127,71/t (R2 224/t), Desember – $132,91/t (R2 315/t), Maart – $137,40/t (R2 393/t), Mei – $140,39/t (R2 445/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 2,5%, of R72/t, tot R2 897/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 2,2%, of R63/t, tot R2 910/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 1,3%, of R38/t, goedkoper, terwyl geelmielies 5%, of R138/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Sept. – R2 886/t, Des. – R2 965/t, Mrt. – R2 962/t, Mei – R2 845/t. Verwagte geelmieliepryse: Sept. – R2 921/t, Des. – R3 008/t, Mrt. – R2 985/t, Mei…