DIE salarisrekening van die departement landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling is met slegs R300 miljoen verminder, terwyl dié vir voedselsekerheid, grondherverdeling, restitusie en landbou-ondersteuning met R1,89 miljard verminder is.
Verder het die vermindering van R276,7 miljoen aan die voorwaardelike toelaes, Ilima Letsema en CASP, groot implikasies vir opkomende boere wat afhanklik is van dié hulp, sê mnr. Christo van der Rheede, Agri SA se adjunk- uitvoerende direkteur, in reaksie op die aangepaste nasionale begroting.
Me. Tammy Breedt, hooflandbouwoordvoerder van die VF Plus, het tydens die parlementêre debat oor dié begroting gesê die feit dat R1,8 miljard minder toegewys is aan een van die belangrikste hulpprogramme aan boere wat regstreeks met voedselsekerheid en hulp aan boere te doen het, wys dat die ANC-regering nie werklik belang stel in die opheffing van…
