INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,5%, of $4,21/t (R58,87/t), tot $166,97/t (R2 335/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 18,5%, of $26,01/t (R363,69/t), hoër. Verwagte pryse: Sept. – $162,98/t (R2 279/t), Des. – $167,00/t (R2 335/t), Mrt. 2020 – $171,02/t (R2 391/t), Mei 2020 – $172,51/t (R2 412/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,2%, of R35/t, tot R2 870/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met R5/t tot R2 778/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 37%, of R775/t, duurder, terwyl geelmielies 28,6%, of R617/t duurder is. Verwagte witmieliepryse: Sept. – R2 909/t, Des. – R2 994/t, Mrt. 2020 – R3 021/t, Mei 2020 – R2 791/t. Verwagte geelmieliepryse: Sept. – R2 806/t, Des. – R2 887/t, Mrt. 2020 –…