INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met $2,79/t (R39,46/t) tot $146,76/t (R2 076/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 7,5%, of $10,25/t (R144,98/t), hoër. Verwagte pryse: Mrt. 2019 – $150,47/t (R2 128/t), Mei – $153,54/t (R2 172/t), Jul. – $156,06/t (R2 207/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 5,1%, of R122/t, tot R2 505/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 3,3%, of R80/t, tot R2 470/t teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 23,5%, of R477/t, duurder, terwyl geel mielies 16,6%, of R352/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Des. – R2 525/t, Mrt. 2019 – R2 675/t, Mei – R2 600/t, Jul. – R2 643/t. Verwagte geelmieliepryse: Des. – R2 484/t, Mrt. 2019 – R2 521/t, Mei…