INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,9%, of $2,58/t (R39,23/t), tot $138,29/t (R2 103/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 2,5%, of $3,43/t (R52,16/t), hoër. Verwagte pryse: Oktober – $139,36/t (R2 119/t), Desember – $144,64/t (R2 199/t), Maart 2019 – $149,36/t (R2 271/t), Mei 2019 – $152,43/t (R2 318/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 4,4%, of R107/t, tot R2 418/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 4,7%, of R110/t, tot R2 475/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 33,8%, of R611/t, duurder, terwyl geel mielies 27,8%, of R539/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Oktober – R2 467/t, Desember – R2 496/t, Mei 2019 – R2 575/t. Verwagte geelmieliepryse: Oktober – R2 529/t, Desember – R2 559/t, Mei 2019…