INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,7%, of $0,94/t (R12,55/t), tot $135,14/t (R1804/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 9,2%, of $13,72/t (R183,16/t), laer. Verwagte pryse: Augustus – $145,27/t (R1 939/t), September – $149,60/t (R1 997/t), Desember – $152,12/t (R2 031/t), Maart 2019 – $154,32/t (R2 060/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 4,3%, of R84/t, tot R2 060/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 3,6%, of R73/t, tot R2 121/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 12,1%, of R222/t, hoër, terwyl geel mielies 8,7%, of R169/t, hoër is. Verwagte witmieliepryse: Aug. – R2 052/t, Sept. – R2 104/t, Des. – R2 175/t, Mrt. 2019 – R2 222/t. Verwagte geelmieliepryse: Aug. – R2 137/t, Sept. – R2 175/t,…