INTERNASIONAAL: Die prys op Chicago se graanbeurs het met 1,8%, of $2,54/t tot $144,42/t (R1 911/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 6,5%, of $10,09/t, laer. Verwagte pryse: Julie – $147,39/t (R1 950/t), September – $150,39/t (R1 990/t), Desember – $154,32/t (R2 042/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 4,6%, of R87/t, teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 3,3%, of R64/t, tot R1 895/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is die prys van wit mielies 63,9%, of R3 163/t, laer, terwyl geel mielies 48,1%, of R1 754/t, laer is. Verwagte witmieliepryse: Julie – R1 790/t, September – R1 851/t, Desember – R1 924/t, Maart – R1 963/t. Verwagte geelmieliepryse: Julie – R1 914/t, September – R1 968/t, Desember –…