INTERNASIONAAL: Die mielieprys het met 1,1%, of $1,58/t (R21,68/t), tot $136,45/t (R1 873/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ‘n jaargrondslag is dit 4,9%, of $7,07/t (R97,03/t), laer. Verwagte pryse: Desember – $133,46/t (R1 832/t), Maart – $136,77/t (R1 877/t), Mei – $139,76/t (R1 918/t), Julie – $142,59/t (R1 957/t).
PLAASLIK: Die Safex-prys van wit mielies het met 4,3%, of R155/t, tot R3 740/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geel mielies het met 2,5%, of R78/t, tot R3 205/t gestyg. Op ‘n jaargrondslag is wit mielies 21,5%, of R661/t, hoër, terwyl geel mielies 5,1%, of R155/t, duurder is as verlede jaar hierdie tyd. Verwagte witmieliepryse: Desember – R3 735/t, Maart – R3 545/t, Mei – R2 690/t, Julie – R2 530/t. Verwagte geelmieliepryse: Desember – R3 214/t,…
