Internasionaal: Die prys van mielies het met 2,5%, oftewel $3,61/t (R57,36/t), gedaal tot $142,45/t (R2 264/t). Op ’n jaargrondslag is dit 6,4%, oftewel $9,78/t (R155,40/t), laer. Verwagte pryse: Maart – $142,67/t (R2 267/t), Mei – $144,32/t (R2 293/t), Julie – $146,29/t (R2 325/t), September – $148,18/t (R2 355/t).
Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 0,5%, oftewel R25/t, gedaal tot R4 930/t. Die prys van geel mielies het met 3,8%, oftewel R148/t, gedaal tot R3 797/t. Op ’n jaargrondslag is dit 79,1%, oftewel R2 177/t, hoër vir wit mielies, terwyl geel mielies 59,5%, oftewel R1 417/t, hoër is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 3,4%, oftewel $5,91/t (R93,91/t), gedaal tot $169,15/t (R2 688/t). Op ’n jaargrondslag is dit 12,5%, oftewel…
