Internasionaal: Die prys van mielies het met 0,8%, oftewel $1,10/t (R17,91/t), gestyg tot $145,16/t (R2 363/t). Op ’n jaargrondslag is dit 3,1%, oftewel $4,58/t (R74,55/t), laer. Verwagte pryse: Maart – $145,03/t (R2 361/t), Mei – $146,84/t (R2 390/t), Julie – $148,81/t (R2 422/t), September – $150,23/t (R2 445/t).
Plaaslik: Die Safex-prys vir wit mielies het met 1,7%, oftewel R88/t, gedaal tot R4 996/t. Die prys van geel mielies het met 0,5%, oftewel R21/t, gedaal tot R3 824/t. Op ’n jaargrondslag is dit 138,2%, oftewel R2 899/t, hoër vir wit mielies, terwyl geel mielies 85%, oftewel R1 757/t, hoër is as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Internasionaal: Die gemiddelde prys van koring het met 0,9%, oftewel $1,61/t (R26,21/t), gestyg tot $175,63/t (R2 859/t). Op ’n jaargrondslag is dit 8%, oftewel…
