“Mamma, ek het my vinger gebrand!”, “Eina, ek het in 'n doring getrap!”, of “'n By het my gesteek!” – klink dit bekend?
Was jy al in so 'n situasie, maar dan is die pleisters in jou noodhulptassie op, die Dettol of Savlon het omgeval en uitgelek, en die watte is muf? Die meeste klein ongelukkies wat by die huis gebeur, kan uit 'n noodhulptassie reggedokter word – maak net seker jy het die regte goed in jou tas.
Kathy Bodmer, eienaar van Professional Emergency Care (PEC) in Kaapstad, wat spesialiseer in noodsorgkonsultasie en -opleiding, deel hier wat noodsaaklik is vir jou noodhulptassie.
1 WEGGOOIBARE HANDSKOENE
Veiligheid eerste! Hou jou hande skoon en beskerm jouself en die persoon wat jy help. Baie mense het 'n latex-allergie sonder dat hulle dit…