Toe ’n intern laas jaar by hul maatskappy aansluit, het hy op papier soos die ideale aanstelling gelyk: Hy’t geswot aan ’n gesogte universiteit, ’n sterk CV agter sy naam gehad, en hy was selfversekerd en entoesiasties in die onderhoud. Maar die oomblik toe hy inval, het die gaping tussen wat verwag en wat gelewer is, duidelik geword, vertel Taryn*, ’n skakelwese-ondernemingsbestuurder.
“Kommunikasie was die eerste probleem – e-pos is nie beantwoord nie, sperdatums het verbygegaan, en verskonings soos ‘Ek is te besig’ het roetine geword,” sê Taryn.
“Sy skriftelike werk het kortgeskiet en as hy terugvoer gekry het, het hy ’n traak-mynie-agtige houding gehad. ” Verantwoordbaarheid was nog ’n kopseer, sê sy. “Hy‘t gereeld laat opgedaag, lang lunches gevat en gereeld siek-dae gevat – net om daai einste dag…