As die oudste van drie kinders – twee broers en ’n suster – het Chad* (38) op die oog af in ’n prentjiemooi, gelukkige gesin grootgeword. “Soos ons volwassenheid bereik het, het ons almal uitgetrek, goeie werke gehad, en ons eie huise. Ons het vir ’n rukkie hegte bande gehad en verjaardae, mylpale, alles saamgevier. Maar alles het verander toe my ma gesterf het,” vertel Chad
Sy ma was die emosionele gom wat die gesin aanmekaargehou het, en sonder haar het die fasade van eenheid in duie gestort. In plaas van om hulle bymekaar te bring, het hartseer hulle uitmekaargestoot – en dis vererger deur hul pa se voortrekkery van hul suster – iets wat reeds in hul kinderjare begin het, vertel Chad. “Ná my ma gesterf het, het my…