As jy haar vra wat sy doen vir ’n living is dit nogal ’n mondvol. Daarom is dit by tye vir haar ma beter om eerder net te sê haar dogter, Kim Windvogel, is ’n aktrise. Want Kim is ook ‘n outeur, feminis en vername aktivis vir seksuele en reproduktiewe gesondheid.
As Kristien in die sepie Binnelanders bestuur sy (darem kamtig) die Besterhuishouding. Sy was baie opgewonde toe sy dié rolletjie in een van haar ma, Benita, se gunsteling-sepies losslaan, vertel Kim.
“My ma was baie happy, want sy kon uiteindelik vir haar vriende sê wat ek doen vir ’n lewe,” lag sy togte lekker vanuit ‘n restaurant in Johannesburg. “Sy kon vir haar vriende sê ‘Kim is ’n aktrise’, en hoef niks verder te verduidelik het oor die UN…
