Haar stem is bekend op Jacaranda FM, en gesig op TV as aanbieder van programme soos Besigheid wat saak maak, 1, 2, 3, Ouers! en Kopskuif op VIA.
Dan is sy ook nog die trotse eienaar van haar eie produksiemaatskappy, Rozanne McKenzie Media, wat onder meer die TV-program Omgeeengele vervaardig het.
Rozanne (42) se glimlag is warm, en haar entoesiasme vir die lewe aansteeklik. Sy gesels met Kuier vanuit haar huis in Roodepoort, Johannesburg, op ’n snikhete Saterdagoggend – 13 jaar ná ons eerste onderhoud met haar. Sedertdien het daar al emmersvol water in die see geloop: Sy’s getroud met haar droomman, die musikant Chris Bishop (45), en hulle het twee pragtige spruite, James (10) en Fallon (7).
Haar produksiemaatskappy groei van krag tot krag en sy het ook weer…
