AANLYN
HIER.NA
As jy uit ‘n multi-kulturele familie kom soos baie gesinne in die Kaap, dan moet jy beslis dié dramaprent kyk.
Dit speel af in die noordelike voorstede van Kaapstad en draai om Eric (David Isaacs), wat nie juis vas is aan enige geloof nie. Sy vrou, Juleigha (Quanita Adams) is ‘n nie-praktiserende Moslem wat verkies dat mense haar Julie noem.
Die feit dat haar dogter, Leila (Shiefaa Hendricks), ‘n mediese student, haar Moslem-identiteit herontdek, irriteer Julie.
Wanneer Julie skielik sterf, besluit Leila om met haar ouma, Julie se ma, Maya (June van Merch), haar soos die Moslemtradisie vereis voor sonsondergang te begrawe – en dit krap haar pa, Eric, en hulle hele familie om.
Die fliek kyk na die verskille in gemengde families wanneer dit kom by die…