Die begin van'n nuwe skooljaar kan lekker opwindend wees: 'n nuwe klas, onnie, maats, en 'n tas vol nuwe boeke en skryfbehoeftes. Maar saam met al dié nuutjies kom groot veranderinge - iets wat vir kinders spannend kan wees, veral soos die tyd aanstap op die skoolbanke.
Dit maak nie saak of jou kind vir die eerste keer"grootskool"toe is, in 'n nuwe skool moetaanpas, of in 'n nuwe graad is nie - dié nuwe ervarings kan onsekerheid en vrees vir die onbekende skep.
Dít speel soms op onverwagte maniere uit, soos met stilstuipe, woedeuitbarstings, meer as die gewone tranerigheid, of onverklaarbare gedrag. Dit kan jou onkant betrap en ontstel, en dalk weet jy ook nie aldag hoe om dit te herken of hanteer nie.
HOE LYK ANGS BY 'N KIND?…