Skrywers word gewaarsku dat mooi skryf nie meer by uitgewers byval vind nie. Maar ek vra: hoe beitel jy die taal, kerf dit weg, stroop wat met hartestof te doen het?
My terugkeer na Suid-Afrika is so iets. Ná 10 jaar in ’n ander land, keer ek na eie bodem terug. Net om dít te sê, vat aan my. Maar selfs dít is nog nie naby die dieper gevoelens nie.
My terugkoms is nie eenvoudig nie. My tyd in Frankryk was die gevolg van ’n verhouding. Interessant dat ek en Claudie (’n Franse burger) op die internet ontmoet het, vir nege maande e-pos, telefoonoproepe en uiteindelik Skype gehad het om mekaar te leer ken. En, ja, daar is altyd gevare in so ’n verhouding, maar vir ons het dinge pragtig…
