Ná vier lange ure sonder krag, is ek verlig toe daar eindelik weer bietjie lig ná die donker ramp is wat ons tans as ‘n land in die gesig staar.
Ek spring vinnig en sekuur op, maak seker dat ek nie my seuntjie wakker maak nie, en gaan sit die fone en draagbare lig aan om te herlaai, want oor presies vier ure gaan ons wéér vir so lank sonder krag sit. Alles word deesdae in tydgleuwe gedoen – ons hou die horlosie heeltyd dop en tref alternatiewe reëlings vir die voorsiene én onvoorsiene.
Maar, kyk, alles omtrent my lewe is geklassifiseer in boksies. Nes met ouerskap, vriendskap, huwelik en familiebande, leer ons ook maar aanpas, en bid ‘n mens baie. Veral deur die oomblikke wat dit voel jy gaan…
