Zoë Brown en haar ma is altwee pragtig (“Deur haar ma is Zoë wie sy is”, 11 Mei 2023). Dankie, Oom AB(“Net koebaai, nie vaarwel”, 11 Mei 2023) vir goeie ver-maak en ontspanning met jou akteurs-vermoë. BARBARABRONN
Dit het my twee dae geneem om die roerende Ware Lewensdrama (“Ons is verlore”, 27 April 2023) te lees, só het dit my ontstel. Ek kan my die trauma en angs wat Denzil Abrahams daardie oggend ervaar het, nie indink nie. Oor die“uitspraak”van die Kia-driver wat voorgee dat sy deur dieselfde trauma as die familie gaan, bly ek liewer stil. Ek hoop almal wat daardie oggend kon, en tog nié hulp verleen het nie, kry gewetenswroegings oor hul versuim. JANE VAN DEN HEEVER, DANIËLSKUIL
Wow, ek hou van die voorblad se helder kleure (uitgawe…