H aar lewe is op sy kop gekeer toe haar ouers in ‘n tragiese skietvoorval gesterf het toe sy net tien jaar oud was.
In ‘n poging om van die seer te ontsnap, het sy amper die pad byster geraak. Maar vandag volg Henoline Goeieman (26) van Upington in die Noord-Kaap in haar pastoor-pa se voetspore. Sy verkondig die Woord deur ‘n gawe waarmee hy, sowel as sy, geseën is: sang.
Sy glo vas dat die Here jou in jou gebrokenheid daarop voorberei om eendag met gebroke mense te werk.
As Henoline nou terugkyk, onthou sy al haar wonderlike kinderjare in die dorpie Louisvale, net buite Upington. Haar pa, Henry, was ‘n pastoor van die Living Word Assembly en haar ma, Paulina, wat by die polisie gewerk het, was ook…
