Ten minste 7,5% van die land se bevolking bestaan uit mense met gestremdhede. Dit is 4,5 miljoen mense. Tog het slegs 1% van dié groep mense werk. Om permanente werk te kry, en dus ’n inkomste te verdien, is een van die grootste uitdagings vir mense met gestremdhede.
Die redes wissel van diskriminerende houdings en praktyke, oneffektiewe arbeidswetgewing, ontoeganklike en onondersteunende werkomgewings, onvoldoende toegang tot inligting, openbare vervoer wat nie gestremdesvriendelik is nie en ’n tekort aan vaardighede.
Dr. Armand Bam, hoof van sosiale impak by Universiteit Stellenbosch, sê ten spyte van wette en riglyne vir ondernemings en besighede, het die resultate van korporatiewe inisiatiewe vir inklusiwiteit nie in die verwagtinge en behoeftes van gestremdes voldoen nie. Inteendeel, werkloosheid binne dié gemeenskap is aan die toeneem. Hulle staar steeds groter…