Mia, ’n Kaapse stilis, meen wanneer jy goed lyk, dan voel jy ook sommer goed.“Ek sou mense aanraai om soveel moontlik te hou by hul roetine en te maak asof hulle steeds uitgaan vir werk. Staan soggens op, was en trek dan vir jou regte klere aan en nie net slaapklere nie,”sê sy. Om goed te lyk, is nie net goed vir jou produktiwiteit nie, maar ook vir jou gemoedstoestand.
Sy stel voor jy sit net ’n gesigroom, met onderlaag (foundation), maskara en helder lipstiffie aan. Mia sê wanneer jy ’n helder lip het, het jy niks anders nodig nie. Vir ligte pienk en nudes, sou sy ’n helder oog aanraai, maar as jy nie die ekstra moeite wil doen nie, is ’n mooi lip al wat jy nodig het…
